|
|
|
‘N STORIE VIR ALMAL |
|
1. SKEPPING

Voordat die skepping plaasgevind het was die aarde leeg. God is die skepper van alles. Selfs die engele was deur God geskape. Sommige van die engele het gerebelleer en word nou demone genoem. God het hulle uit die hemel gewerp as gevolg van hul rebelsheid. Die duiwel, ook genoem Satan, is die hoof van alle demone. Die natuur is deur God gemaak: diere, bome, berge, riviere, hemelruim, sterre en die son. God het met genoegdoening na sy skepping gekyk en gesien dat dit perfek was. Die mens was God se laaste skeppingswerk. Hy het hulle na Sy beeld gemaak. God het die stof van die aarde geneem en die man daarvan gemaak. Daarna het Hy die vrou uit‘n rib van die man gevorm. Die vrou sou die man se hulp en metgesel wees. Adam en Eva was naak; maar was nie eens daarvan bewus nie. God het hul in ‘n tuin, genoem Eden, geplaas. God het gesien dat Sy skepping goed was en Hy het daarna gerus. Tot op daardie punt was daar geen sonde in die wêreld nie. God het Adam en Eva opdrag gegee om vrugbaar te wees, te vermeerder, Hom te gehoorsaam, en om nie te eet van die vrugte van die boom, wat in die middel van die tuin was nie. Hulle moes heers oor die skepping en die aarde vul.
2. DIE SONDEVAL
Die mens sondig - draai weg van God

Die slang vra haar toe “Het God gesê dat julle nie van die vrugte in die tuin mag eet nie?” Sy het hom daarop geantwoord en so met hom gesprek begin voer. Hy moedig haar aan om die vrugte van die verbode boom te eet, en verseker haar dat sy nie sal sterf nie. Hy vertel haar dat die enigste rede waarom God nie wou hê dat hulle van die spesifieke vrugte mag eet nie, was omdat God nie wou hê hulle soos Hom moes wees nie. Satan het vir Eva gelieg.
Eva het geëet van die vrugte van die verbode boom. Sy het ook aan Adam van die vrugte gegee en hy het ook daarvan geëet. Skielik raak hulle van hul naakheid bewus en was skaam. Hulle het hulself gaan wegsteek en klere van vye blare vir hul gemaak.
God het soos dit die gewoonte was na Adam gegaan, maar kon hom nie kry nie en het na hom geroep. “Adam, waar is jy? “ Adam antwoord dat hy naak is en daarom homself moes wegsteek. “Wie het jou gesê dat jy naak is? Het jy geëet van die boom, waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? “ Adam het erken, maar vir Eva blameer en Eva het weer die slang blameer. God het hul uit die tuin verban omdat hulle gesondig het. (Hulle was ongehoorsaam aan God)
God het hulle vervloek: Die man sou hard moes werk en sweet, om sy brood te verdien, die vrou sou swaarkry wanneer sy geboorte gee en die aarde sou dorings en distels voortbring.
God was hulle egter baie genadig. Hy het vir hul klere van diere pels gemaak. Hy het die resultate van hul sonde bedek deur ‘n opoffering. God het engele met brandende swaarde aangestel om die ingange na die tuin te bewaak.
Adam en Eva het kinders gekry en hulle was ook sondaars. God het hul egter nog steeds lief gehad.
3. KAIN EN ABEL

God het Abel se offer aanvaar, maar nie Kain s’n nie. Kain het as gevolg daarvan baie kwaad geword. God het Kain gevra waarom hy so kwaad was en hom gewaarsku dat sonde op hom wag, en nie moes toelaat dat sonde sy meester word nie. Kain was egter nog steeds kwaad en het Abel weggelok na die veld en hom vermoor.
God het Kain aangespreek:” Kain, waar is jou broer?”
Kain vra die vraag: “Is ek my broer se wagter?”
God antwoord hom en sê: “Jou broer se bloed roep van die aarde.”
God het Kain gestraf en hom ‘n swerwer op die aarde gemaak. God was egter baie genadig. Hy het ‘n merk op Kain gesit sodat niemand hom sou vermoor nie.
4. NOAG
God het sonde gestraf, Hy het Sy belofte gehou en ‘n Verlosser voorsien.

Die kinders van Adam en Eva het aangehou om baie meer teen God te sondig .
Hulle het totaal opgehou om God lief te hê en te gehoorsaam. God was teleurgesteld. Hy was spyt dat Hy die mens gemaak het. Daar was egter een regverdige man, met die naam Noag op die aarde. God het Noag gevra om ‘n boot, genoem die ark, te bou. God wou die mensdom uitwis met ‘n vloed. God is die gewer van lewe en Hy kan dit ook wegneem. Dit maak Hom egter baie ongelukkig. Noag het begin om die boot van hout en teer te bou. Sy familie het hom gehelp. Noag het die mense gewaarsu dat daar ‘n vloed gaan kom, maar hulle hom uitgelag en die spot met God gedryf.
Nadat die ark gereed was, het die diere in pare na die ark gekom. Noag en sy familie het ook in die ark gegaan en die Here self het die deur van die ark gesluit. Na sewe dae het dit begin reën. Dit het vir 40 dae en 40 nagte sonder ophou gereën. Die water het vanuit die grond gestyg.
Almal op die aarde, behalwe Noag sy gesin en die diere, het verdrink. Hulle was in die ark vir meer as ‘n jaar en God het die heeltyd vir hul gesorg. Die water het uiteidelik gesak en grond was weer sigbaar.
God het die deur van die boot oopgemaak sodat Noag en sy familie sowel as die diere kon uitkom.
Noag het ‘n dankoffer aan God gebring, omdat sy lewe en die van sy familie s’n gespaar was.
God het ‘n reënboog in die hemelruim geplaas as ‘n belofte dat Hy nooit weer die aarde met water sou ombring nie.
5. SODOM EN GOMORRRA
God haat sonde en straf dit

Daar was twee stede - Sodom en Gommora wat baie gesondig het. Daar was ‘n regverdige man, Lot wie met sy vrou en twee dogters daar gewoon het. God het besluit dat Hy die twee stede sou uitwis as gevolg van hul sonde.
As gevolg van Lot se teenwoordigheid daar het God aan hom genade bewys. God het twee engele na Lot gestuur en hom gewaarsku van dit wat gaan kom. Hy en sy familie moes vlug, sonder om terug te kyk. Die dag van die uitwissing het hul vroeg in die oggend gevlug, maar Lot se vrou kon nie die versoeking weerstaan om terug te kyk nie en het in ‘n sout pilaar verander.
6. ABRAHAM EN ISAK
God se plan

Abram en Sarai, sy vrou was al hoog in jare, maar het geen kinders gehad nie. Rondom die tyd dat Sodom en Gomorra verstrooi was, het God engele na Abram gestuur en hom en Sarai ‘n seun belowe. As gevolg van hul hoë ouderdom het hulle gelag, want dit het so onmoontlik gelyk. God het egter aan Abram gesê dat niks te wonderbaar vir Hom is nie. Hy is in staat om dit te doen wat vir die mens onmoontlik lyk. Presies ‘n jaar daarna het Sara ‘n baba seun in die wêreld gebring en hom Isak, wat lag beteken, genoem. Hulle het hom baie lief gehad en het het hom goed versorg.
God het Abram se geloof in Hom getoets en hom gevra om Isak as ‘n brandoffer aan Hom te offer. Hoewel dit hard vir hom was, het Abram besluit om God te gehoorsaam. Hy het sy seun en brandhout geneem en gegaan na ‘n berg waar hy Isak sou offer. Oppad wou Isak van sy pa weet waar die dier is wat geoffer moet word. Abram het gesê: “God sal self die lam voorsien. “ Abram het die altaar gemaak, Isak vas gemaak en was reg om hom te slag toe ‘n Engel na hom roep. Die engel sê aan Abram dat hy op moet kyk en so sien hy ‘n ram met sy horings in ‘n bos verstrengel. God het inderdaad die lam voorsien. As gevolg van sy gehoorsaamheid en geloof, het God Abram en Sarai se name verander na Abrahan en Sara. Isak het groot geword en hy het kinders en kleinkinders gehad.
7. EGIPTE
God is getrou aan Sy geloftes en seën die wie hul geloof in Hom plaas

8. DIE BRANDENDE BOS
God roep sy dienskeg
om Sy volk te red

Moses was baie bang. God het aan Moses wonderwerke getoon soos om sy kierie in ‘n slang te verander en ‘n gesonde hand melaats te maak en dan weer te genees. Moses het geloof in God gehad en na Egipte teruggekeer en die koning van Egite gevra om God se mense hul vryheid te gee. Die Egiptiese koning het geweier. Moses het die aan die volk gesê dat hy gekom het om hul uit te lei na die land wat God aan hul voorvaders beloof het.
As gevolg van die koning se weiering om die volk te laat gaan, het God tien plae losgelaat oor Egipte. Die laaste plaag, het die eersgeborenes laat sterf as daar nie bloed aan die deur kosyne gesmeer was nie. Die koning het uiteindelik die volk laat gaan en Moses het hul uit gelei.
9. DIE TIEN GEBOOIE
God verwag geregtigheid.

Terwyl hulle na die beloofde land getrek het, het God kos en water aan Sy volk voorsien, maar hulle was baie ondankbaar en het aanhoudend gekla. Moses het as die middelaar tussen God en die volk opgetree. Hy het voortdurend met God gekommunikeer. God het aan Moses twee klipplate gegee waarop Hy wette neergeskryf het, wat die volk moes gehoorsaam. Dit is bekend as die Tien Gebooie. Die wette is as volg: Een-Daar is geen ander God nie ; twee-moenie standbeelde aanbid nie ; drie - moenie God se naam ydelik gebruik nie; vier- moenie op die sewende dag werk nie - dis ‘n rusdag ; vyf -eer jou vader en moeder en jou lewe sal verleng word; ses:-moenie moord pleeg nie; sewe - moenie egbreuk pleeg nie ; ag - moenie steel nie ; nege - moenie iemand valslik beskuldig nie ; tien - moenie ander se huis, vrou/man of besitting begeer nie.
Terwyl God die gebooie aan Moses gegee het, het Moses vir dae op die berg gebly. Die volk het begin wonder oor Moses en het die plan begin bevraagteken. Die kinders van Abraham het toe hul juwele bymekaar gemaak, saamgesmelt en ‘n goue kalf gemaak, en dit begin aanbid. Hulle het ook ander sondes gepleeg.
Toe Moses afkom met die tien gebooie en sien wat die volk gedoen het, was hy so kwaad dat hy die kliptafels breek gegooi het. Moses moes nuwe kliptafels kry en God het die gebooie herskryf.
Die volk was uitgewis, omdat hulle aan God ongehoorsaam was. God het ons lief, maar Hy haat sonde en straf dit.
10. DIE BRONS SLANG
God is barmhartig en voorsien’n verlossingsweg. Hy wil hê ons moet dinge Sy manier doen.

Die volk het God nie ten volle vertrou nie en wou daarom nie die land binne gegaan het nie. God wou hul uitwis, maar as gevolg van Moses se gebed, het Hy hulle genade bewys. Hulle moes vir 40jaar in die wildernis swerf en nie een van hulle het die Beloofde Land binne gegaan nie.
Terwyl hulle in die wildernis geswerf het, het die volk aangehou om te kla en God ongehoorsaam te wees. God het slange gestuur om hulle te byt, maar Moses het weer tot God geroep om Sy volk genadig te wees. God het Moses beveel om ‘n bronsslang te maak en aan ‘n paal te hang. Die mense moes opkyk na die slang om gesond te kon raak. Die mense wat opgekyk het na die slang het gesond geraak, maar wie geweier het om te kyk, het gesterf.
Ten spyte van hul ongehoorsaamheid, het God hul genade bewys in die tydperk van die wildernis deur aan hul kos en water te voorsien. Hulle klere en skoene het ook nooit klaar geraak nie. Almal wat gemurmureer het, het uiteindelik gesterf en God het die jonger generasie die Beloofde Land laat ingaan. Hulle het stede en plase gebou en vir baie jare in die land gebly.
11. DIE GEBOORTE VAN JESUS
God hou Sy belofte en stuur ‘n spesiale kind

God het baie profete oor die jare gestuur om die volk te vertel dat Hy Iemand, wie hul van die oordeel van hul oortredinge gaan red, sou stuur.
Daar was ‘n man, met die naam Josef, wat in die Beloofde Land gebly het. Hy was verloof aan ‘n jong meisie, met die naam Maria.
Maria het geen verhouding met enige man gehad nie, maar God het ‘n kind in haar liggaam gevorm deur die krag van die Heilige Gees. Josef het uitgevind dat sy swanger was en wou die verlowing stilweg met haar breek en haar daardeur beskerm van steniging. God het egter in ‘n droom aan Josef verskyn en hom gevra om nie van Maria te skei nie, want die kind in haar is van die Heilige Gees en Sy naam moet Jesus wees. Josef was gehoorsaam en het Maria as sy vrou geneem; maar het geen fisiese intiemiteit met haar gehad nie totdat die kind gebore was nie.
In daardie tyd het die regering aangekondig dat daar ‘n sensus opname sou wees en beveel dat elkeen moes gaan na die dorp van sy/haar voorouers. Josef moes gaan na Bethlehem. Maria was aan die einde van haar termyn. In Bethlehem kon hulle nêrens ‘n plek kry om te bly nie en ‘n stal was die enigste beskikbare herberg. Maria het geboorte geskenk aan Jesus in die stal.
‘n Groot leerskaal van engele het Jesus se geboorte eerste aan skaapwagters, wat na hul skape omgesien het in die oop veld, aangekondig. Hulle het gesê: “Vandag is vir julle in die stad van Bethlehem ‘n verlosser gebore.”
Die skaapwagters het hulle gehaas om Jesus te gaan aanbid.
Josef en Maria het Jesus op die agste dag, soos dit die gebruik was, na die tempel geneem om danksegging aan God te bring. Daar was ‘n ou man met die naam Simeon, wat daagliks na die tempel gekom het. God het hom beloof dat hy nie sou sterwe totdat hy die verlosser sou sien nie. Toe die ouers Jesus inbring het, het God dit aan Simeon bekend gemaak dat die kind die verlosser was. So was daar ook ‘n ou weduwee, Anna, met dieselfde verwagting om die verlosser te sien. Daardie dag was ‘n dag van verblyding in God vir Simeon en Anna.
Toe Jesus 12 jaar oud was, het hy saam met sy ouers hul na ‘n fees gegaan. Na die feesviering het almal terug gekeer huiswaards en sy ouers kon Jesus net nie vind nie. Hulle moes terugkeer na Jerusalem en het Jesus in die tempel gevind waar Hy besig was om die skrif vir die skrifgeleerdes uit te lê. Almal was verwonderd oor Sy leeringe.
12. DIE DOOP VAN
JESUS
Jesus het Sy
bediening begin met sy doping.

Toe Jesus 30 jaar oud was, het Hy sy bediening begin deur te gaan na waar Johannes gepreek en mense gedoop het.
Toe Johannes Jesus sien, sê hy: “Kyk die Lam, wat die sondes van die wereld wegneem.” Jesus het na Johannes in die water gegaan om gedoop te word, maar Johannes wou nie, omdat hy geweet het dat Jesus heilig is. Jesus het egter aan Johannes gesê: “Doop my en toon wat is reg.” Johannes het toe vir Jesus onder die water gesit en hom gedoop.
Toe Jesus uit die water kom, het ‘n stem uit die hemel gespreek en gesê: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek welbehae het.” Die gees van God het in die vorm van ‘n duif uit die hemel neergedaal en op Jesus kom sit.
Dit merk die begin van Jesus se bediening.
‘n Paar van Jesus se Wonderwerke.
13. JESUS KALMEER
DIE STORMSEE

Eendag nadat Hy heeldag gepreek en mense gesond gemaak het, het Hy in‘n boot geklim en sy dissipels gevra om weg van die skare na die oorkant van die meer te seil. Jesus het op die boot gaan slaap. ‘n Storm het los gebreek en hoewel die dissipels vissermanne was en baie van die seelewe geken, was hulle baie bang. Hulle was nog meer ontsteld omdat Jesus geslaap het terwyl die storm gewoed het. Hulle het Hom vol beskuldiging gaan wakker maak. “Here, gee u dan nie om dat ons kan vergaan nie?” Jesus het opgestaan en gevra; “Waarom is julle bang? Waar is jul geloof?” Hy het Sy hand uitgestrek en gesê: “Wees stil.” Die reën het onmiddelik gestop, die wind het gaan lê en alles was stil. Die dissipels was verwonderd en het gesê “Watter soort man is die dat selfs die wind en die see hom gehoorsaam.”
(Hierdeur het Jesus getoon dat Hy die krag van God het oor
die natuurlike wêreld het)
Hulle het die boot na die anderkant
van die meer geneem.
14. JESUS GENEES ‘n DUIWELBESETENE

Die demone in die
man het begin uitroep “Jesus, seun van die Allerhoogste, wat wil jy van my hê?
Jesus vra daarop: “Wat
is jou naam?” Die demone antwoord en sê “Legio,
want ons is baie.”
Die demone wou nie
uitkom nie en begin soebat Jesus om hulle nie te vernietig nie, maar in die
varke wat daar naby was stuur. Die varke
het almal in die water gespring en verdrink. (Die varke wou eerder sterf
alvorens hulle met demone saamleef).
Die duiwelbesetene het sy verstand teruggekry en het klere
aangetrek. Hy wou saam met Jesus gaan. Jesus het hom egter terug na sy mense gestuur
en hy het die mense van Jesus begin vertel en so die goeie nuus van stad tot
stad versprei.
Mense van die dorp
het gehoor wat gebeur het en met Jesus gepleit om uit hul dorp te gaan. Hulle het gedink dat hul gelukkig was maar
hulle het die waarheid gemis. Jesus en
Sy dissipels het in hul boot geklim en die dorp verlaat.
15. JESUS GENEES ‘N
JONG DOGTER.

Jesus het hom na sy huis gevolg. Oppad na die huis het hulle ‘n geween en klaagliedere gehoor. Mense het hulle tegemoet gekom en gesê dat sy dogterjie alreeds gesterf het.
Jesus het gesê “Moenie vrees nie, sy is nie dood nie, sy slaap net.” Die mense in rou het net gelag, want hulle het self gesien dat sy gesterf het.
Jesus het die roubeklaers gevra om die kamer te verlaat, behalwe vir die ouers en sy dissipels met hom, Pieter, Johannes en Jakobus.
Jesus het met die dogterjie begin praat en gesê “Dogterjie, staan op.” Sy het haar oë oopgemaak en opgestaan. Almal in die kamer was verbaas vir dit wat hulle sien gebeur het. Daarna vra Jesus hulle om vir haar iets te gee om te eet. (Sy was nie ‘n spook of ‘n sombie nie)
Jesus het die huis verlaat. En die dogterjie was gesond.
(Wat sal jou respons wees as jy ‘n begraafnis bywoon en dit gebeur?)
16. JESUS VOED ‘N MENIGTE

Eenkeer het Jesus en sy dissipels hulle agter gelos en na ‘n verlate plek gegaan. Ten spyte daarvan het meer as 5000 mense hom na die plek gevolg. Dit was omtrent aand en die mense was by die tyd al honger. Die dissipels het Jesus gevra dat hy die mense moes weg stuur om kos te gaan kry. Jesus het egter geantwoord: “Julle moet hul kos gee.”
Die dissipels antwoord en sê “Die enigste kos hier is die padkos van ‘n seun. (Hy het 5 broodjies en 2 vissies gehad). Jesus bevel hulle om die mense in groepies te laat sit. Daarna neem Hy die broodjies en vissies dank God en breek dit in kleiner porsies. Hy het die kos aan die dissipels gegee om onder die mense te versprei. Nadat almal genoeg gehad het, het die dissipels die oorskot opgetel. Hulle kon twaalf mandjies vul.
As gevolg hiervan, wou mense Jesus hul koning maak. Jesus het geweet dat dit nie God se plan was nie en het verdwyn en op ‘n afgesonderde plek gaan bid.
17. JESUS GENEES
‘N BLINDE MAN

“Wie het gesondig en die blindheid van die man veroorsaak?” wou Sy dissipels van Hom weet.
Jesus antwoord “Niemand het gesondig nie, hy is blind sodat die krag van God getoon kan word.”
Jesus het hom vooroor gebuig en op die grond gespuug, klei gemaak en dit aan die man se oё gesmeer. Daarna het Hy die man opdrag gegee om sy oë af te gaan afwas. Die man het gehoorsaam en hy kon daarna onmiddelik sien. Sommige mense wat hom gesien het, het gevra “Is dit nie die blinde bedelaar nie?” Ander het gesê : Dit is nie hy nie, die man lyk maar net soos hy.”
Godsdienstige leiers wou van hom weet: “Hoe het jy gesond geword?”
Die blinde man het geantwoord: “Jesus het my gesond gemaak. Hy is ‘n profeet. Hy het klei aan my oë gesit en my gevra om dit af te was en nou kan ek sien.”
Hulle was baie ontsteld en sê: “Hy is ‘n sondaar” (Hulle het Jesus gevrees en enigiets nuuts)
Die eens blinde man sê daarop: “ Kan ‘n sondaar iemand gesond maak? Julle is leiers en weier om die waarheid te sien.”
Hy het voort gegaan en gesê “As enige een God aanbid en Sy wil doen, dan hoor God hom. Niemand kon ‘n blind gebore man laat sien vanaf die begin van die wêreld. As hy nie van God was nie, sou hy niks kon doen nie.”
Jesus het hom later gekry en vra hom toe “Glo jy in die Seun van God?”
“Wie is Hy dat ek mag glo” sê die eens blinde.
“Dit is die Een wie jy nou sien, en wie met jou praat” antwoord Jesus.
“Ek glo” antwoord die eens blinde man.
18. Die Heilige Nagmaal
Jesus: ‘n Voorbeeld van ‘n goeie leier en hoe hy onthou wil
wees

Jesus het hulle meegedeel dat dit hul laaste maaltyd saam sou wees vir ‘n ruk. Jesus het opgestaan, Sy oorklere uitgetrek, ‘n handdoek om Sy middel gebind en die voete van sy dissipels begin was. Hierdeur het Jesus ‘n voorbeeld van ‘n goeie leier gestel, aangesien hy hul leier was het hy dit nie as ‘n vernedering gesien het om hul voete te was nie.
Jesus het hulle ook daaraan herinner om Sy opdragte te gehoorsaam. Daarna het Jesus Judas identifiseer as die verraaier. Judas het opgestaan, uitgegaan na buite om Jesus te gaan verraai.
Jesus het het die laaste pasga met hul gehad. Hy het brood geneem, dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam wat vir julle gebreek word, onthou my wanneer julle dit eet”
Daarna het hy die drank geneem en die koppie rond gestuur en gesê: “Dit is hoe my bloed vir julle uitgegiet gaan word; dit is ‘n voorbeeld van God se nuwe belofte aan julle. Onthou my wanneer julle dit drink.” Nadat Jesus met Sy dissipels gepraat het, het Hy uit die stad gegaan om te gaan bid.
19. DIE ARRESTASIE EN KRUISIGING VAN JESUS

Terwyl Jesus gebid het, het Judas die soldate gebring om Jesus te arresteer. Die soldate het
Jesus na die godsdienstige leiers geneem. Die soldate het Jesus geslaan en mishandel,
want hulle wou hê hy moes erken dat hy verkeerd gedoen het, maar Jesus het net stil gebly. Die godsdienstige leiers het Jesus na die Romeinse leier geneem. Die koning het gesê: “Die man het niks verkeerds gedoen nie.” Die leiers het egter volgehou : “Maak hom dood.” Die koning het daarop die soldate opdrag gegee om Jesus 39 kere met die sambok te slaan, maar die leiers was nog steeds ontevrede. Die soldate het hom meer geslaan en bespot en selfs op Hom gespoeg, maar dit was nog steeds was die leiers ontevrede. Die koning het daarop beveek dat Jesus gehang moes word.Die soldate het Jesus buite die stad geneem, hom neergelê en aan ‘n kruis vasgenael. Die soldate het groot spykers in Sy hande en voete geslaan en ‘n doringkroon op sy kop gesit en die kruis regop gebring. Jesus het onuithoubare pyn ervaar en kon selfs nie goed lug kry om asem te haal nie. Die soldate het hom wyn geoffer om die pyn te verlig, maar hy het dit van die hand gewys.
Jesus het gesê: “Dit is volbring” en met die woorde gesterf.
Jesus het die straf vir die sonde van die hele wêreld op Hom geneem. Een sondelose, onskuldige man het die straf vir elke sondige man betaal.
God belowe dat enige een sy kind kan word deur Jesus.
Toe Jesus gesterf het, was dit middag en die middagson het swart geword. Die hoof van die soldate het ‘n spies in Jesus se sy gedruk om te verseker dat Jesus dood was.
20. DIE OPSTANDING

Drie dae na Sy kruisiging, het die vroue terug gegaan na die graf om Jesus se liggaam te balsem, aangesien hulle dit nie toe kon doen nie. Hulle was heel verras to hulle by die graf kom en geen soldate daar vind nie. Selfs die rots voor die graf was weggerol. Hulle het in die grafgegaan en twee engele gevind - een by die kopent en die ander by die voetend waar Jesus se liggaam was. Die engele vra hulle: “Waarom soek jullle die lewende tussen die dooies? Hy is nie hier nie, Hy het opgestaan.”
Die vroue was so opgewonde en het al die pad terug gehardloop na die dorp, waar Jesus se volgelinge was, om hulle die goeie nuus mee t deel. Sy volgelinge het toe terug gegaan na die grot om vir hulself te sien en dit leeg gevind- want Hy het opgestaan.
Later het Jesus aan Sy volgelinge verskyn. Hy het hulle geleer en saam met hulle geëet. Meer as 500 mense het Jesus lewend gesien, nadat hy opgestaan het uit die dode. Jesus het hul opdrag gegee om ander dwarsoor die wêreld van God se geskenk aan die wêreld te vertel.
Omtrent 40 dae na Sy opstanding het Jesus , ten aanskoue van 3 van Sy dissipels, met ‘n wolk opgevaar na die hemel Daarna het Sy volgelinge begin om die goeie tyding te versprei, dat Jesus in die plek van sondaars kom sterf en opgestaan het.
21. HY WAG
Jesus is lewend vandag en mense kan God deur Hom
verheerlik

· Soos Adam en Eva, Kain en Abel, is ons almal sondaars
· Soos ons in die storie gesien het van Naog en Sodom en Gomorra, haat God sonde en Hy straf dit.
· Soos ons in die storie van Adam en Eva, Kain, Noag, Moses en Jesus gesien het, het God genade vir die wie Hom liefhet.
· Lank gelede het God Abraham belowe dat al die mense van die wêreld Hom sou verheerlik, deur een van Abraham se nageslag.
Hierdie nageslag het God se volk geword.
· God het geweet dat mense sou sondig en daarom nie Hom kon verheerlik nie.
· God het ‘n Verlosser/Redder gestuur na die aarde om die mense te verlos van hul sonde.
· Daardie verrlosser is Jesus
· Lank voordat Jesus gebore was het die profete van Sy koms gepraat en gesê dat Hy Sy lewe vir baie sou gee.
· Jesus het gekom. Hy het mag oor die natuur. Hy het mag oor die bose. . Hy het mag oor siekte. Hy het mag oor die dood.
Hy het ‘n groot liefde vir mense.
· Baie mense was vir Jesus bang, omdat hulle gelukkig in hul godsdiens en tradisies was. Hulle het gehou van die mag wat hul oor ander mense het,
as gevolg van hul godsdiens. Daarom
het hulle nie van nuwe dinge gehou nie.
· Hulle het Jesus baie probleme gegee, hom later gearresteer en uiteidelik gedood. Jesus het geweet dat dit sou gebeur,
Hy het dit
voorspel. Hy het egter ook Sy volgelinge
vertel dat hy mag oor die dood
het.
·
Jesus het dit bewys deur op te staan uit die dode.
· Jesus is lewend vandag. Hy is die eerste en die laaste. Hy sê; “Ek is die weg, die waarheid en die lewe.
Niemand kom na die Vader behalwe deur my
nie.”
· Die skrif sê; “Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag”Jesus het gesê: “Almal wat in my glo, aan hulle het God
die mag gegee om kinders van Hom te word.”
· Wil jy nie nou jou geloof in Jesus plaas nie? Hy wag op jou om jou lewe aan Hom te gee. Hy wag op jou om weg te draai van die sonde.
Hy wil jou ‘n nuwe mens maak,
want jy kan dit nie self doen nie.
·
Jy sal dan in staat wees om God te verheerlik.
·
Hy wag op jou, Hy wag vir elke man, vrou, seun,
dogter en tiener om Hom te volg.
Na die lees van die storie van Jesus, mag jy jouself vrae soos die vra: “Wat is ‘n Christen? Hoe weet ek dat ek ‘gered’ is? Wat gebeur as ek Jesus nie ‘aanneem’ nie? Is ‘glo’ al wat ek moet doen?
Weet dit, God het jou gemaak en Hy bewaar en onderhou jou. Sonder Hom sal jy niks wees nie. Erken aan jouself en aan God dat jy ‘n sondaar is. Die gevolge van jou sonde is fisiese en geestelike dood as gevolg van die wraak van God oor sonde. Bely jou sonde aan God en glo dat Jesus Christus op die kruis jou skuld op Hom geneem het en God se oordeel ter wille van jou verduur het. Dit beteken dat God jou sonde vergewe en jou regverdig maak. Glo dat Jesus uit die dood opgestaan het, sonde en die dood oorwin het en opgevaar het na die hemel, waar Hy nou heers saam met Sy Vader. Dit beteken dat Jesus vandag lewend is en jou gaan help om ‘n nuwe lewe te lei, wat God eer kan bring.
Wil jy Jesus Christus as dieVerlosser van jou sonde en die Here van jou lewe ontvang? Indien wel, bid dan die volgende gebed.
“Here, ek weet dat ek gesondig het en vra vergifnis vir my sonde. Ek dank u dat u Jesus Christus gestuur het om vir my sonde en straf te betaal. Ek dank u dat u Hom uit die dode laat opstaan het en ek gee Hom mag oor my lewe. Ek ontvang Hom as my Verlosser en Heer. Ek ontvang u vrye geskenk van ewige lewe in Christus. Ek gaan wegdraai van my sondige lewe en u die Skepper en Verlosser dien.”
Glo dat in die aanneem van Jesus Christus in jou lewe, jy verseël word met Sy Heilige Gees en die merk van God se kind ontvang. Daar is voortdurende stappe wat jou sal help om te groei in jou nuut gevonde geloof. Eerstens - bely Jesus openlik voor sondaars. Tweedens – vertel ander van die wonderlike dinge wat met jou gebeur het. Derdens gee jouself oor om God te gehoorsaam en te vertrou met elke detail van jou lewe. As jy vandag besluit het om Jesus te volg, kliek op die volgende ‘box’ om ons te laat weet, sodat ons sal saam met die engele in die hemel kan juig oor die wonderlike en belangrike besluit wat jy vandag geneem het.